spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Vind 'n klub --> Kry Toerusting --> Stap kombuis --> Allerlei --> Pak Kamer
Vind 'n klub

Baie mense wil graag gaan voetslaan, maar weet nie waar om te begin nie. Die volgende reeks artikels beoog om jou te help en te lei oor hoe om te begin stap.

Vind 'n klub

Die eerste stap is om by mense uit te kom wat kennis het van voetslaan. Alhoewel daar nie meer so baie stapklubs as sulks bestaan nie, is daar baie mense daar buite wat kennis het van stap. Spore Voetslaanklub is een van 'n paar klubs wat jou sal kan help. Deesdae reël al hoe meer mense tussen vriende 'n staptog. Die eerste doelwit is om by die mense uit te kom. Behalwe dat hulle kennis het van voetslaan, reel hulle ook roetes waarop jy sal kan gaan.
Weerstaan die versoeking om saam met 'n paar onkundige vriende vir 'n naweek op 'n staptoer te gaan. Baie mense moes al gered word omdat hulle nie voldoende kennis of toerusting gehad het nie (vra die talle "stappers" op Tafelberg wat elke jaar gered moet word).
Besoek ons lys van nuttige webwerwe en gaan na Voetslaan SA vir 'n lys van webwerwe.