spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Vind 'n klub --> Kry Toerusting --> Stap kombuis --> Allerlei --> Pak Kamer
Kry Toerusting

Sal dit nie idilies wees om in die veld in te gaan met niks anders as 'n T-Hemp en kortbroek en om self jou kos te soek of vang nie!
Helaas is dit nie moontlik nie. Vinnig verandernde weer en kwynende natuurlike hulpbronne, asook ons voorliefde vir gemaklike slaap plek in die aand maak die droom nie moontlik nie
Goeie toerusting maak enige stap aangenaam en sal jou ook jare hou.

Stewels

Jou Voete

Rugsak

Jou Sak

Kampstofie

Daar is vandag baie maniere om kos te maak op 'n staptoer. In die verlede het voetslaners sommer 'n lekker kampvuur gemaak en hulle kossies gebraai en water op die vlamme verhit. Ongelukkig is dit vandag nie meer altyd moontlik nie (sommige plekke verbied oop vlamme) en dan is daar ook die gemaklikheidsfaktor. Hoekom 'n vuur met nat hout aan die gang probeer hou in die reën , as jy 'n gasstofie kan aansteek?

Stofies werk met drie tipes brandstowwe; solied, vloeibaar en gas.
Gas is by verre die mees algemene tipe. Die gasbotteltjie is 'n onherwinbare houer wat ingeskroef word in die stofie. Verskillende tipes gas verseker dat jy selfs op die hoogste piek kan koffie drink
Soliede brandstof-stofies is meer vir gebruik in noodgevalle. Die brandstof is in die vorm van 'n koekie en brand intens vir so lank as 10 min. Na die tyd is die brandstof klaar, of dit kan net in die veld gegooi word (dit is somtyds bio-afbreekbaar)
Die vloeibare tipe word apart van die stofie in spesiale houers gebêre. Waneer jy die stofie wil gebruik dan word die houer net gekoppel aan die stofie en onder druk gesit deur 'n pompie. Oor die algemeen werk dií stofies beter as die ander twee stofies, omdat hulle hitte per gram brandstof baie hoër is en hulle kleiner opgepak kan word omdat hulle brandstof en stofie apart gebêre word.
Indien jy net nou en dan gaan stap, is die gasstofie die mees ekonomiese opsie. Die gasbotteltjies is algemeen beskikbaar en verskillende tipes brandstof sal verseker dat jy dit enige plek in Suid-Afrika kan gebruik. Die vloeibare brandstof stofie is die duurder opsie, maar brand enige tipe brandstof van diesel en loodvrye petrol tot spirits en benzien!