spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Pret met jou GPS

Ek is 'n techno freak. Nie die musiek nie, maar die gadgets. As dit knoppies het en geluide kan maak dan het ek een. So gebeur dit toe dat GPS'e vir Jan alleman begin bekostigbaar raak. Ek besluit toe daar en dan om een aan te skaf. Omdat dit nog 'n nuutjie was, was daar nie baie help en informasie nie, en moes ek baie dinge self uitwerk. So gebeur dit toe dat ons die eerste staptoer met hom gaan stap. Ek was gereed, en het my roete uitgemerk op my rekenaar, en gelaai op my GPS

Die GPS het wonderlik gewerk, en die roete wat ek gemerk het en die roete soos ons geloop het was 100% gelyk. Maar die hut wou net nie aankom nie. Ek kon sien op die GPS ons is naby, maar ek het die nuwe gadget nog nie 100% vertrou nie. Dalk het ek 'n fout gemaak toe ons ek die roete gemerk het? So belsuit ek toe maar dat ons stop, en uit die warm son kom en lekker sit en middagete hou. Toe onthou ek 'n storie van my jong stappers dae...< flashback met sagte raampie >

Die roete was die Blyderivierspoort. 5 dae van, met die tweede nag by Bourke's luck potholes. Een van die hutte was tussen 'n rotskeur.Jy kon dit nie sien van enige plek af, tensy jy amper op dit was nie. Ons het toe maar naby 'n hoe waterval uitgespan en lekker middagete geeet en geswem, Toe pak ons op en stap verder, net om die kamp om die draai te kry!

< flash terug na die hede > Almal het gelag oor die insident. Ons pak toe maar self op. Net toe ek twee tree voorentoe loop wat sien ek... die kamp! Die GPS was toe al die tyd reg.