spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Mountain Sanctuary Park

Inleding

Na aanleiding van spore se Avontuur tema vir 2013, het die klub se verrigtinge die jaar afgeskop met 'n kamp en dagstap by Mountain Sanctuary park. Alhoewel de groepie klein was (en toe nog verder gekrimp het hoe nader ons aan die datum gekom het) het dit nie afgetrek van die naweek nie.
Die park self is pragtig. Die vasiliteite is netjies en aan die kant en die kamp personeel vriendelik. Daar is 'n pragtige swembad wat uitkyk op die magaliesberge en die Buffelspoort dam, vier hout chalets, omtrent net soveel klip chalets en 'n lapa vir konferensies. Die terrein is gelee op die magaliesberg self, met verskeie klein roetetjies wat om die terrein loop na swempoele en 'n grot.
Daar is nie gemerkte paadtjies as sulks nie, maar dit is mooi oopgekap en geloop en maklik om te volg. Jy kan selfs jou eie pad loop sou jy so voel.

Vrydag aand 8 Februarie 2013
Die van Zyl famiele en die Visagies daag amper gelyktydig op by die park met Eugene net 'n paar minute op hulle hakke. Tente word gou opgeslaan onder 'n pragtige doringboom en terwy die son sak drink ons almal saam 'n drankie. Ons steek die vure aan net na sewe vir aandete en net toe die kole reg is daag die Kruger susters op.
Die Spore oorlewings pakkies sorg vir 'n lekker verassing (of was dit die ontdekking van whiskey daarin?). Die tyd stap aan terwyl ons die vleisies op die kole sit en verder kuier. Ons sluit die aand af en slaan die laaste tentjies op voor ons inkruip.
Die aankoms

Saterdag 9 Februarie 2013
Ons is vroeg uit die vere en kuier weer verder om 'n koppie koffie en beskuit terwyl die song langsaam oor die berge opkom. Daar is vele voƫls in die area te sien, met hadedas en tarentale wat die voortou neem. Teen negeuur is almal gereed om te stap. Wimpie het al baie voorheen hier gekamp en neem dus die voortou met die dagstap.
Die stap groepie Ons vertrek na die ooste se poele met die roete wat oos van die lapa begin. Vandaar loop ons verby 'n plaasdam wat water aan die kamp verskaf en self gevoer word van die bergstrome verder op. Na 'n kort ent bereik ons die poele waar ons van die kampeerders reeds kry swem, ons draai na die suide en loop verder teen die rivier op. As mens verder oos in die valleie wil stap, het mens 'n permit van die bergklub nodig met 'n bordtjie op plekke om mens te waarsku dat dit privaat grond is. Ons stap verby verstomende rooi rots formasies todat ons by die voerdam vir die plaasdam kom. vandaar draai ons op na die krans langs die voetpadtjie todat ons by die waterval en grot kom. Hier stop ons vir 'n wyle vir 'n versnappering.
Kyk net daar Ons vertrek weer en volg die paadtjie'n kort ent voordat ons wes draai en agter die koppie verbyloop na die wespoele toe. Oppad loop ons 3 klipspringers tee wat vervelig wei in die gras. Een is so gaaf om te poseer vir 'n mooi foto (dalk foto van die jaar?)
Ons stap verder deur die biszarre rots vermasies met klippe wat opmekaar gestapel is op vreemde maniere. Ons kom by die bopunt van 'n mini gorge aan. Ons stap van daar weer oos terug na die kamp.
Aitsa! In totaal het ons 5km gestap. Die laaste stapper van die naweek sluit by ons aan en ons is dan uiteindlik voltallig vir die naweek. Almal gaan koel af na die tyd in die swembad. Dis 'n wonderlike lafenis in die warm somer maande. 15:00 begin die potjies warm gemaak word. Die doring verskaf weer lekker beskerming terwyl daar lekker gekuier en kos gemaak word. Teen sewe uur is die potjies gereed en smul almal aan die hoenderoom en beestert potjie en 'n lekker griekse slaai (Dankie dames!) Nagereg neem die vorm van gestoofde gemenge vrugte en vla. Ons rol almal terug bed toe!
Dis potjiekos

Sondag 10 Februarie 2013
Die oggend begin nes die vorige, met mense wat lekker sit en gesels en koffie drink. Die vorige nag se plan om die sonsopkoms te gaan bekyk word in die wiele gery deur die wolke wat saampak. Na 'n kort gesprek besluit ons om nie die dag te gaan stap nie, en almal maak stadigaan reg en pak tente op. c Teen 10 uur vertrek die laaste mense uit die kamp.
Spore oorlewings sakkie

Slotsom


Wat 'n lekker naweek! Mountain Sanctuary is beslis die plek om weg te breek vir die naweek of vir daai mini konferensie of bosberaad.

Kaart Fotos