spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Cannibals - Staproete

Cannibals - Staproete

Die Oos Vrystaat is n baie mooi area. Rollende grasvelde met asemrowende sandsteen formasies van die berge waarin dit gelee is. Dit skep ook natuurlik baie grotte met vele waterstrome. Dit kan ook baie koud raak in die geweste.

17 Februarie 2012
"Ons braai so 2 voet links van die vuur"
Sewe van ons vertrek min of meer 14:00 van beide Centurion en Meyerton. Onlangse pad reperasies deur die Vrystaat het meeste van die paaie soos die R57 gelos met baie stop-en-gaan seksies. Ons verkies die N3 via Harrismit. Die rit is meestal maar vervelig,behalwe die laaste ent waar ons deur Golden Gate ry. Die kombinasie van bewolkte weer en sonskyn wat net deurkom gee ons n baie mooi sonsonderkoms.
Net voor ons by die basis kamp aankom onthou een van die spoories hulle het hulle slaapsak by die huis vergeet. Dit gee n geskarrel af soos ons in Clarens iets soek, en die laaste 3 lede van die groep wat in Betlehem is n oop winkel probeer kry. Ons arriveer net na sonsondergang by die basiskamp, n omgeboude koeistal. Daar gee die vriendelike dame ons n slaapsak. Net n kort rukkie later sluit die laaste van ons groep by ons aan. Die vure word aangesteek en baie gou kuier ons almal lekker saam. Die wind waai erg en maak braai bietjie moeilik, maar die vuur word getem. Van die lede gebruik die kans om van die ekstra kos wat hulle saamgebring ontslae te raak. Ons kruip almal in net na elf, net voor die ander groep stappers opdaag.
Lekker kuier

18 Februarie 2012
Net voor die gasbotteltjie brand "meeste ongelukke gebeur omdat mense nie gas ken nie"
Ons is sommer al vroeg op, sesuur die oggend. Maar die weer is nie so mooi nie. Daar is n sagte wisselvalige reenbui. Alhoewel die gemoedere gedemp is, maak almal klaar net in tyd vir die laaste van die reenbui om sy wyk te neem. Na n groepfoto val ons in die pad. Van agter die koeistalle loop die pad reguit op teen die heuwel, stappers moet hulle oe oophou ampdat die pad net na die ravyn skerp links draai, soveel so dat die roete merkers agter jou is. Net onder die kruin stap mens deur die draad en klim dan op teen die klippe. n Wonderlike uitsig van die vallei wag vir jou bo. Die pad kronkel vandaar afwaarts teen die kant van die berg verby kleinrige sandsteen oorhange voordat jy by Batwing grot kom. Nes die naam lyk die bokant van die grot nes n vlermuis se gepreide vlerke. n Klein watervalletjie val netjies in n poelietjie. Vandaar gaan die pad langs die kant op, en loop mens asteware bo die waterval verby. Vandaar gaan die pad reguit op teen die huewel. Rollende grasvelde waai in die wind en kontrasteer goed teen die grys lug. Bo op die heuwel is n trop beeste, met twee bulletjies wat mekaar hard roep en uitart. Hulle dra nie pienk nie.
Bat wing cave
Nadat almal asem geskep het, stap ons verder. Die pad loop van hier af tot teen die rant van n klein vallei, voor dit terugaan en stelselmatig afsak. Ons ontmoet werkers wat besig is om doeie bome te oes , vermoedelik vir vuurmaakhout. Van hier betree ons n ruig gedeelte en stop vir n oomblik onder n klein oorhang grot. Vadar kruis die pad n stroompie voor die om die berg gaan wat ons kon sien van die oorgang, stelselmatig styg die pad weer tot bo op die heuwel. Ons word begroet deur n groot oop vallei waar daar landery in is. Mens is half veras om dit te sien, en hoe baie spasie daar is. Die pad loop van hier afdraend en om die landery. Net om die draai is die oorhang grot, Mike Cave. Dit verskyn uit die niet. Dit is baie groot met nat kolle plek plek soos die water deursyfer. Die badkamers is n klein klip geboutjie so paar trappies verder ondertoe, waar die water ook is. Die res van die middag word gespandeer deur die area te verken, te kuier en vetkoeke te bak. Laat middag begin ons lekker saamkuier met die ander groepie. Dis n famielie wat hiernatoe gekom het as n uitstappie. Ons kuier lekker saam om n paar drankies terwyl die vuur aan die gang kom en die son mootjies uitkom om n wonderlike skouspel te gee terwyl hy sak. Net na aandete, en voor nagereg is dit die beurt van 3 nuwe stappers wat hulle 2e stap met spore doen. Na die ondervraging en praktiese sessie word die stapper welkom geheet as volle lede van spore. Die praktiese sessie verg vir baie opwinding toe die gastofie wat die lede moes aanmekaar sit in vlamme uitbars nadat hy nie mooi aanmekaar gesit word nie. Dit wys maar net weer hoe gou n ongeluk kan gebeur. Nadat die nuwe lede welkom geheet word, geniet ons n knertsie terwyl die laaste hout uitbrand. Ons gaan slaap almal.
kuier om die vuur

19 Februarie 2012
"Hy sal jou aan die hakskeen byt, jy sal sy kop vermorsel"
Ons staan die oggend op, die weer is weer bewolk en die keer is daar sliet reen wat, nes die vorige dag, in vlae kom. Almal maak reg en kort voor lank val ons in die pad. Die pad loop verder op teen die oorkantse deel van die vallei waarin die grot is, voordat dit bo-oor die bokant gaan. Vandaar volg jy die kruin voordat die pad nog verder opgaan tot bo op wat lyk soos die hoogste punt op die roete. Ons stop n wyle daar en maak n paar grappies en neem fotos. Vandaar gaan die volg die pad die kruin om die bo punt. Dis hier waar n stapper n slang wakker maak wat in die gras was. Geskokte stappers staan botstil terwyl die slang wegseil. Die pad gaan van hier afdraend , voor die bobejaan grotte verby en dan tot in die vallei onder aan die ander punt van die landery wat ons gister gesien het. Die pad klim dan weer die teen die heuwel uit verby n sandsteen oorhang in wording to bo op die huewel. Ons sien hier die eerste wildlewe, bobejane. Die laaste deel van die roete loop af in die vallei en ontmoet die pad wat van die landery. Vandaar vat die pad jou tot by die basis kamp.
Bobbejaar oorhang

Slotsom


Die Canibals roete is n baie maklike, gemaklike roete. Dit bied die stapper pragtige uitsigte oor die berge in die oos vrystaat, en naderinge beskouings van die sandsteen formasies. Die oorhang grot is n baie mooi plekkie met n braai area en hout wat n baie lekker kuier plekkie is. Gaan stop hom gerus.
Boom teen die lug

Fotos