spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Diepdrif

Diepdrif

Diepdrift is 'n roete geleeë op 'n wildsplaas naby aan Bela Bela (ou Warbad). Die plaas is gasheer vir 'n verskeidenheid diere waaronder verskeie bekende boksoorte, kameelperde en seekoeie tel. Daar is twee oornag hutte en een basiskamp, almal spaarsaming toegerus. Hippo hut (waar ons was) lyk soos 'n verwarloosde ou plaashuis met karige meubels. Daar is 'n suurlemoen boom buite, en storte met warm water vanaf 'n donkie. Ten tyde van ons besoek is ons meegedeel dat die Sable hut nie water het nie, alhoewel ons hom bespreek het. Die basiskamp het twee kamers, met stapel beddens en 'n kombuisie met 'n gas stoof. Daar is aparte storte en toeilette net so entjie verder.

28 Augustus
Ons vertrek van Centurion in 'n twee kar konvooi met ons bekende X-Trails. Ons kies ons roete deur die stad en kon van die verkeer mis. Ons arriveer net na sononder by die basiskamp. By die kantoor word ons megedeel dat die hut wat ons bespreek het nie water het nie, en ons op die ander roete geplaas gaan word na die Hippo kamp. Voorts word ons ook gese van jagters wat op die plaas skiet môre maar ons moet nie bekommerd wees nie want "hulle sal nie oor die pad skiet nie".
Ons braai die aand in die basiskamp, terwyl ons lekker saam kuier.
Braai

29 Augustus
Ons vertrek redelik vroeg die oggend om die ergste hitte te vermy. Die roete begin deur terug te stap op die pad na die kantoor. Nadat ons deur die hek gegaan het, stap jy weer terug. Die pad draai dan in die veld in. Die roete is goed gemerk alhoewel die bosveld somtyds dinge kan bemoeilik as jy die roete merkers soek. Terwyl ons stap hoor ons hoe die jagters skiet. Daar is verskeie wildsheinings met goed geboude lere wat jou help om oor hulle te kom.Net voor die makoffie dam kom ons af op 'n baba kameelperd. Selfs jonk is hierdie diere verbasend groot.
hening
Ons bereik makoffie dam wat op daai stadium leeg was en omdat dit nog vroeg was, stoot ons aan. By die volgende groot grond dam hoor ons die bekende sis en blaas geleide van seekoeie. Jouwaarlik daar dryf hulle in die middel van die dam. Die seekoei is die derde swaarste land dier op aarde maar kan so vinnig soos 30km/h hardloop vir kort afstande. En dit terwyl volgrooide bulle amper 3 ton kan weeg!Ten spyte van did gaan Arthur gewaarlik nader terwyl die bul nader swem om 'n beter kamera skoot te kry. Die minder brawes van ons verkies om maar eerder spore te maak.
kameelperd
Ons bereik die oornag hut vroeg die middag. Omdat die voorkamer en stoep van die huis in die middagson is (en ook vol blare en boombas?) sit ons onder die afdak langs die suurlemoen boom. Daar is 'n kraal net anderkant die huis met beeste in. Daar is ook iets wat lyk soos 'n besige grondpad in die verte. Teen laatmiddag steek Gerhard die vuur aan deur van sy oorlewings toerusting gebruik te maak. Daar is niks soos kuier om 'n bosveld vuur nie! Na die inlwying van 'n nuwe spore stapper gaan slaap almal.

30 Augustus
Ons staan weer vroeg op, en na ontbyt vertrek ons terug na die basiskamp. Vroeg reeds sien ons die kameelperde, die keer volgroeides. Daar is duidelike tekens van baie gronderosie en die donga waardeur ons moet gaan skep 'n probleem om die pad te vind. Gelukkig help ervaring ons om gou weer op koers te kom. Ons bereik soos die vorige dag die Cecil dam redelik vroeg. Ons span uit vir 'n rukkie. Mens weet nooit waneer jy weer kans gaan kry om in die bosveld te wees nie. Naby die seekoei grondam verloor ons die roete. Danksy die GPS, is ons gou weer oppad en bereik ons die basiskamp net voor 12. Na 'n vinnige stort vertrek ons terug huis toe.
veld

Ter Afsluiting


Hierdie is 'n baie mooi roete en geskik vir eerste keer stappers. Daar is geen steil hellings om te klim nie, die uitsigte is voortreflik en die groot hoeveelheid wild wat seekoeie insluit is uitstekend. Maar die verwaarloosde oornag geriewe laat veel te wense oor. Dis onverskoonbaar dat daar gejag word waneer daar stappers in die veld is. Ook is die laaste minuut verandering van die verblyf nie na wense nie. Ten spyte van dit alles het ons dit baie geniet, en hoop ons dat die klein probleempies gou uitgesorteer sal word.

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos