spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Ezemvelo

Ezemvelo

Vrydag 15 Feb vertrek ons na Ezemvelo natuur resevaat. Dit is baie naby aan Pretoria, en mense daag sommer vroeg vroeg al by die hek op. Die hek sluit eers 9 uur in die aand, wat perfek is vir die van ons wat deur die verkeer moet sukkel.
Ons is ingeboek in die chalets, en daar is eers 'n bietjie konsternasie omdat die chalets nie so aangedui is nie, maar as "Legae" op die bordtjies. Van ons lede het al die pad met hul motors tot by die "Family Hut' gery.
Die chalets is wonderlik toegerus, beter as wat spoories gewoond is. Daar is 'n goed toegeruste kombuis, met Mikorgolf oond en klein yskas, potte en panne, breekware en eetgery. Daar is ook 'n braai voor elke chalet.Oral is inheemse boome wat baie goeie koelte verskaf.
WORD VAN WAARSKUWING
Daar is ape. Hulle is oulik. Hulle is ook baie stout, en sal binne in jou kar inklim en in jou huis ingaan as hulle die kans kry.

Saterdag 16 Februarie vertrek ons per motor na die 6 km roete. Die paaie is baie mooi gemerk, met baksteen kolome wat elk kruising nommer, en die roete na die volgende kruising wys.
Ons ariveer by die laagwater brug wat oor die Wilgerivier loop, en los ons motors daar. net oorkat die laagwater brug aan die regterkant begin die roete.
Die roete vat mens eers weg van die rivier af, deur die veld, tot bo op 'n nekkie waar mens weer afdaal en deur 'n klein veldtjie van farings stap.
Ons ontmoet hier "The Friends of Ezemvelo", 'n groep vrywilligers wat uithelp in die reservaat. Hulle vertel ons dat daar baie reen was en die roete verspoel het op plekke, en dat hulle dit nou regmaak.
Na die Farings draai die roete links en beweeg dit op deur die klofie. Bo op die klofie draai die pad op teen die heuwel. Dis hier waar mens op 'n pragtige weggesteekte klofie afkom. Vandaar klim mens op tot teen die heuwel waar jy die wilgerivier en 'n waterval kan besigtig.
Van hier raak die roete bietjie moeilik, soos wat dit afsak deur 'n small ravine met baie kippe en bome wat die pad versper. As dit nat is kan mens lelik val, so ons loop versigtig.
Ons kom uiteindelik by die rivier, en oorweeg dit om te swem. Maar die vinnig lopende rivier lyk gevaarlik en ons besluit daarteen.
Van hier loop die pad al langs die rivier langs, en vat dan kortpad terug deur die veld, voor dit by die beginpunt eindig.
Ons eet lekker middagete by die karre. voor ons terug ry na die Chalets waar Lourens ons wys hoe om 'n aap te vang. Daar is 'n baie groot swembad nie ver van die chalets af nie by die ontvangs en ons geniet die lafenis van die warm son.

Sondag 17 Februarie is van ons stappers al vroeg op en oppad, Lourens stap na gister se plekkie by die rivier, en Peet en Jane (wat nog maande oud is) pak die 4 km roete. Teen 8 uur is almal weer terug en besig om ontbyt te geniet. Ons pak die 4 km roete aan, wat basies net oor die berg loop wat agter die chalets is. Die roete kruis 'n grondpad maar na die grondpad is die roete amper nie sigbaar nie, al is daar merkers. Ons vat dus die pad terug kamp toe en daarna terug huis toe

Ter Afsluiting


Hierdie is seker een van die mooiste blyplekke in gauteng. Maklik om te bespreek, vriendlik, skoon, mooi goed uitgele en met baie verskeidenheid van wild. Ek wil amper se dit is beter as Suikerbosrand, wat nou beslis tweede kom in die gauteng area. Wat dit lekker maak is dat jy op die grondpaaie kan ry en wild kyk, en die paaie loop die hele Ezemvelo heen. Daar is 'n grot, met 'n toer wat elke dag 08:00 vertrek teen R40 pp.
Wat sit jy nog daar! Bespreek nou!

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos