spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Kaapsehoop Wattles

Kaapsehoop, 6 tot 9 April 2007

Vrydag 6 April, ongeveer 1 uur die middag vertrek 7 van ons vanaf Centurion na Kaapsehoop, 'n klein dorpie 'n entjie duskant Nelspruit. Ons arriveer ongeveer 16h30 by "Barrett's Couches"; twee ou treinwaens wat dien as die oornagplek en die beginpunt van verskillende roetes. Daar is baie mense wat ook die naweek stap en almal kuier saam onder die afdak waar ons 'n braaivleis vuur maak. Die aand word daar lekker gekuier totdat die reŽn sommiges na die trein toe jaag.

Saterdag 7 April; Barrett's couches tot wattles hut 16.5 km:
Saterdagoggend is alles nat na die nag se reŽn, wel alles wat nie onderdak gebÍre was nie. Ons eet ons ontbyt en pak rugsakke om te vertrek. Ons loop deur die bosbou stasie ongeveer 300m van die treinwaens af en dan deur 'n denne plantasie. Die roete gaan dan deur Ďn digte inheemse woud, waar ons sommer in die paadjie sit, stofies uitruk en tee maak. Die paadjie deur die inheemse woud lei jou tot op 'n platorand waar jy vÍr in die vallei af kan sien. Dit volg dan die platorand vir etlike kilometers voordat dit weer in 'n natuurlike bos ingaan waar daar onder andere broodbome is. Na 'n hele ent se stap in die natuurlike bos en dan plantasie kom jy op 'n bosbou pad wat jou lei na 'n waterval, van daar af loop ons toe weer op 'n voetpaadjie verby die waterblommetjiedam tot by die wattles hut. Die hut is eintlik 'n ou bosbouhuis en baie mense slaap weer die aand daar. Elmarie was so gaaf om vooraf met ons te reel om die bestandele vir Pizzas saam te dra. Waar het jy Pizzas in die bos gesien? Sjoe ons het lekker geŽet. Nagereg was gestoofdevrugte met vla Ė Ja daar was 'n stoof, 'n koolstoof. Dit het weer die aand gereen, maar dit het ons nie gepla nie.

Sondag 8 April, Wattleís tot Kaapsehoop 12.5 km:
Sondagoggend stap ons 'n hele ent op 'n tweespoor sement pad en later deur plantasies, bietjie inheemse bos, totdat ons weer op 'n platorand kom. Jy kan wyd en vÍr sien, en vir die grootste deel van die dag loop ons op daardie platorand. Ons sien die baie bekende wilde perde van Kaapsehoop en gaan tot by 'n ou bagraafplaas 'n entjie voor die dorp. Die roete neem ons deur die dorpie (Kaapsehoop) en ongeveer 700m anderkant die dorpie is die sinkhuisie waar ons oornag. Ons maak dit net betyds voordat ons papnat sou reŽn. Stefan en sy vrou, wat nie saamgestap het vandag nie, het 'n ry geleendheid gekry van Watlles af terug na Barrettís Couches en 'n voertuig gaan haal. Hulle het Spar gaan besoek en vir ons twee bottels rooiwyn en 'n hoender gekoop. Hierdie hut het ook 'n koolstoof gehad, so ons het lekker gesmul aan 'n gemarineerde hoender. Ons het tot laat gekuier in die kombuisie voor die lekker warm stoof.

Maandag 9 April, Kaapsehoop tot Barrettís couches 9.8km:
Dit is 6h30 die oggend en dit reen nogsteeds, maar dit hou gelukkig op voordat ons begin stap. Van die hut af is dit 'n stywe klim tot bo op die berg waarna ons weer tot op die rand van die plato loop. 'n Asemrowende uitsig oor die vallei en Barberton begroet ons. Vandaar loop die roete weer terug deur die dorp (Kaapsehoop), verby 'n waterval en deur denneplantasies tot op grasvlaktes. Net so af van die paadjie kry ons 'n oorhang klip met 'n waterval. Agter die waterval kry ons potskerwe wat seker lank al daar lÍ. Ons loop ook weer die berugte wilde perde raak. Wie het gesÍ hulle is wild? Frans en Lourens het besluit om een van hulle oor sy neus te streel en dit sonder moeite reggekry. Die grasvlaktes raak toe weer plantasie en toe ons ons oŽ uitvee is ons terug by Barrettís Couches waar ons die voertuie gelos het. Nadat almal eers lekker gestort het, het ons die dorpie ingevaar en pannekoek gaan eet by "Koek 'n Pan" waarna ons die vreeslike lang terugtog na Centurion aangepak het

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos