spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Kututsa

Kututsa

Kututsa is 'n roete geleë tussen Fouriesburg en Betlehem in die oos Vrystaat. Dit is naby aan die Lesotho grens en dus net mooi aan die anderkant van die bekende Drakensberge.
'n Juweel van 'n roete, en net die plek vir onervare stappers om hulle stapskoene te kom inloop. Die basis en oornag kamp is ourderwets dog mooi opgepas, en die oornag fasiliteite onder die oorhang grot spaarsaming.

2 Oktober 2010
Die eerste groepie mense arriveer net na sononder by die basiskamp op Franshoek plaas. Ons word gegroet deur 'n baie vriendelike hond. Die basiskamp is 'n omskepte skuur wat slaaplek vir baie het, asook storte en 'n oulike kombuisie. Die donkie is al klaar gestook gewees en gereed vir warm water. Die laaste deel van ons groepie arriveer later die aand, en braaivleis vure word summier aangesteek. Na 'n lekker ontmoeting en saamkuier, kruip ons almal in.
Braai

3 Oktober 2009
Ons staan vroegerig op en eet 'n ligte ontbyt. Die werkers daag op om ons sakke op te vat grot toe, van ons voel braaf en besluit om eerder dit te dra. Die pad begin deur terug te stap vir 'n entjie op die paadtjie waar jy mee ingery het, net na die eerste diep drif, draai jy af in bietjie inheemse bos. Wees gewaarsku, vir die rooi/groen kleurblindes om ons, die roete merkers is in rooi op bome op sekere plekke, en die toerleier het amper 'n paar gemis! Na die bos maak die pad oop in 'n grasveld wat langs 'n heining loop tot teen die voet van 'n berg.
Braai
Vandaar volg 'n steil klim tot bo (nou spuit jy het jou sak gehou). Die oggendson is baie venynig hier en sonder sonbrandroom sal jy verseker sleg brand. Net oor die kruin is daar 'n nekkie waar watertenks is om jou dors te les en bottels vol te maak. Vandaar klim jy weer 'n kort ent tot bo waar asemrowende uitsigte op jou wag. Pragtige voorbeelde van geologie word op min plekke gesien.
Braai
Hier kry ons 'n "skaapwagter" met een skaap...red hy,steel hy of is dit sy skaap...ons sal nie weet nie. Die pad draai vandaar om onder om die voet van die berg te gaan. Ons kry daar 'n fonteintjie met lekker koel wat lafenis, voordat ons die grot bereik. Dis 'n masiewe oorhang beskerm van die elemente met 'n waterstroom nie te ver nie. Daar is ook lekker swem en badplek as jy van koue water hou. Ons sit op die verste rand van die grot en kyk hoe die son ondergaan.
Braai
Die aand kuier ons eers lekker, gesels eet aandete en van ons sit ons voete in ons monde nadat ons vertel hoe ons die voet in mond gesit het. (ns ek is nogsteeds jammer oor die Red Heart Rum, ek sal 'n bottel van my beste stuur). Ons kruip almal in vir die aand.

4 Oktober 2009
As mense buite slaap is jy altyd vroeg uit die vere, en hier is geen uitsondering nie. Mens word wakker gesing deur die verskeie voelspesies in die omgeweing. Die van ons wat nog nie ons lesse geleer het, pak weer ons sakke. Van die stappers voel bietjie uitgeteer na die warm stap die vorige dag en kies eerder die korter toegans roete direk van die grot af basiskamp toe. Die res van ons stap verder. Die roete gaan van die grot af om 'n draai waar jy klim tot jy bo op die "dak" van die grot loop. Hier is baie kwartsiet te besigtig asook die oorsprong van die water by die grot. Vandaar stap jy deur grasveld, waar dit moeilik raak om die roete te volg a.g.v die lang gras. Strategies geplaaste water tenks dien as bakens en met enkele plekke waar ons die pad verloor, kom ons tog wel weer reg. Die laaste stukkie vat mens deur 'n ry bome oor die polo veld terug na die basiskamp. Ons vertrek vandaar terug huistoe.
veld

Ter Afsluiting


'n Baie mooi rustige roete, perfek vir daai naweek wegbreek. Stappers kan ekstra betaal om hulle sakke te laat op- en afry. Die geriewe is netjies en skoon en sal die stapper wat basies wil leef laat tevrede voel.
Net die toeilet geriewe by die oornag grot het van ons stappers koud gelaat (emmer toeilete is nie vir almal nie) maar daar is moeite gedoen om dit meer toeilet agtig te maak. Wees ook gewaarsku, die driffie net voor die basiskamp is moeilik begaanbaar deur 'n gewone motor, dis moontlik maar moeilik.

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos