spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Magoebaskloof - Staproete

Magoebaskloof - Staproete

Magoebaskloof is een van ons meer asemrowende staptoere in die land. Alhoewel dit in 'n bosbou plantasie is, kom mens dit amper nie agter nie. Die inheemse bos, die uitsigte oor die escarp en die baie mooi oornag hutte maak dit 'n moet vir enige stapper.

6 Augustus 2010
"Hier is 'n pad, maar ek sie niks"
Oor langnaweke is die verkeer noord altd erg, en die dag was nie verskillend nie. Ons vertrek in twee groepe en reel om by een van die talle snelweg rustoppe te ontmoet. Dis is nie lank nie of ons ontmoet. Deel van ons groepie is 'n paar onervare stappers wat die eerste keer saamstap. Ons val gou weer in die pad en die verkeer dun uit hoe verder noord ons gaan. Net na sewe uur draai ons af op die houtbosdorp pad. Ons oornag is die waterfall hut. Dis nie nie gemerk as 'n stopplek vir motors nie, maar daar is 'n klein paadtjie na die hut. Ongelukkig was die toerleier nog nooit daar nie, en in die donkerte is dit onmoontlik om te vind. Ons gaan dus terug na die broederstroom. Ons sou later uitvind ons het by die hut omgedraai. Daar sluit 'n ander groupie stappers by ons aan. Ons braai en kuier lekker, voor ons inkruip vir die nag.

7 Augustus 2010
"Dis tierkoud!"
Ons staan rustig die volgende oggend op en kuier oor ontbyt lekker saam voor ons begin inpak en regpak. Sommer gou is ons gereed om te stap en die laaste groep foto word geneem voor ons in die pad val. groep foto
Die ander groep met ons is vroeg vroeg al weg en ons sien hulle omtrent glad nie vir die res van die dag nie. Van die hut loop die pad so entjie terug soos wat jy ingery het, voor hy afdraai om oor die bopunt van die dam na die waterval hut te gaan. Ons stop by die hut terwyl ons verstel aan sakke, baadtjies bere en waterbottels volmaak. Naby die hut is 'n pragtige waterval wat ek kan aanraai as 'n plekkie om fotos te neem. Van die waterval loop daar die paadtjie op na die pad bo en verby die boswagter se huis, waarna dit skerp in die inheems bos indraai. Die stapper word hier geneem deur 'n sprokieswoud vol mosbedekte bome, en hout leertjies wat oor die waterstrome gaan. Dit is soms op plekke 'n steil klimmetjie, gelukkig darem vir die bome en die bewolkte weer daardie dag. Baie gou ons ons amper heel bo op die heuwel my asemrowende uitsigte van die vallei en die omgewing. Vandaar loop die pad deur dennewode, voor jy weer die inheemse bos betree met 'n praqgtige watervalletjies om jou bottle vol te maak. Ons betree 'n deel van die plantasie waar daar 'n brand was. Dit lyk baie vaal maar ten spte van dit stop ons om bietjie te rus by die waterstroompie daar en bottles volt e maak. Ons vertek weer verder op die roete waar die aan die anderkant van die plato verbygaan. Dit is opmerklik hoe goed die roete gemerk is , dit is baie moeilik om te verdwaal hier. Ons arriveer by die klip afgrond, die gevaarlikste deel van die roete. Hier is darem ketting reelings opgesit om aan vas te hou. Waneer dit nat is dit glad, maar vandag is droog en dis maklik o moor te loop.
Cliffhanger
Baie gou word ons weer in die inheemse bos ingeplons wat nou op steil gedeeltes langs die plato kronkel. Ons stop hier vir 'n goeie middagete terwyl on stapstories deel. Van hier is die pad meestal afdraende, en die ou gesegde dat afdraende moeiliker is as opdraende word gou bevestig. Dis ook hier waar ons eerste-keer-stappers afgemat raak, die kombenasie van afstand, hitte en terrein haal hulle in. Ons betree die vallei waarin die dokelewa poel hut is, dis 'n ver afstand en dis alles afdraende. Ons daal honderde meters eers deur plantasie, en toe deur inheemse bos. Van die stapper loop vooruit en kom later terug om die nuwelinge te help dra aan hulle rugsakke. Hoe verder mense afsak na die hut hoe meer asemrowend raak die watervalle en strome. Ons haal die hut net na 4 uur die middag. Ons het 8 ure geloop. Van die stapper is braaf en "bad" in die baie koue waterpoel. Die moeitevolle dag het ons nuwe stapper ingehaal en na aandete is hulle vroeg vroeg in die bed. Die res van ons kuier tot laat saam met die sagte gedreun van 'n waterval net anderkant ons. Dokolewa

8 Augustus 2010
"Arme Franna ..."
Vroegoggend is ons wakker en styf van die vorige dag se stap drink ons eers 'n lekker koppie koffie en eet ontbyt voor ons begin inpak. Die nuwe stapper deel ons mee dat hulle nie kans sien vir die res van die roete nie, en reel met die roete opsigter om hulle te kom oplaai. Die tweede pad loop terug met die vallei op, en draai op die bo punt na regs. Hier ook sien mens die waarde van goed voorbereid wees en geluk. Een van die stappers het vergeet om "wit goud" saam te bring, en vind 'n hele rol wat in die bos le, sommer net so!
Witgoud!
Alhoewel die dag korter is, is dit amper heelpad opdraende. Net voor die ergste opdraendse begin sien ons die medestappers agter op die opsigter se bake. Een van die mees opmerklikste dinge hier, is die "bracket fungie" wat op die bome groei soos potplanthouers teen 'n muur. Ons beur verder aan en besluit om te stop langs een van die baie paie wat jy kruis met die opklim vir middagete. Terwyl ons gesels sluit stapper van die ander hut by ons aan. Hulle is oppad na die Woodbush hut. By hulle is twee kinder swat die tog meemaak. Ook sien ons terwyl ons rus bergfiets ryers wat teen die pad afkom. Ons klim die laaste hoogte tot by die vurk in die na seepsteen en Woodbush. Van hier loop die pad afdraende tot by die seepsteen hut. Die hut is anders omdat dit 'n omgeboude stal is. Ons vind ons vriende van die eerste aand hier. Daar is baie plek hier. Nan goeie middagslapie, begin ons lekker saam kuier. Tussendeur is daar tyd vir vetkoeke bak, vleisbraai. Ons gesels en lag lekker saam oor die "bergies". Arme Franna... Braai

9 Augustus 2010
"Kom ons vat die kortpad en skip die bome."
Dis die laaste dag, en ons staan so bietjie vroer op. Dis nogals donker tussen die dennebome, en met eerste lig is ons oppad. Die pad neem ons verby woodbush hut, en ons bereik hom vroeg. Vandaar vat die pad ons na die "Twin Giants of Magoebas" wat die twee hoogste bome in die suidlike halfrond is. Braai
Soos die eerste dag neem die pad ons verby inheemse bos en woud, verby die piekniek terrain, en dan deur die plantasie tot ons weer terug by die broederstroom hut kom. Nan klein miidagete, en stort, en nada tons totsiens gese het aan ons stappers vriende vertrek ons terug PTA toe. Min het ons geweet dit was EINTLIK die avontuur. Die paaie terug was 'n nagmerrie van stadig beweinde verkeer, tolhekke en alternatiewe paaie wat nie vinniger is nie. Darem haal ons die huis voor middernag.
Braai

Slotsom


Magoebaskloof is 'n MOET roete om te stap. Daar is wonderlik uitsigte, fantastiese hutte en pragtige natuurskoon. Kies die hout hutte as jy kan, en prober eerder in die week ry as oor langnaweke waneer die paaie baie besig is.

Fotos