spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Queen Rose

Queen Rose

Vrydag 25 Januarie vertrek ons omtrent 17:00 vanaf Johannesburg (die ander groepe vertrek 'n uur later van Pretoria af) oppad na Baberton en die Makesh hut. Net die aand tevore het 'n vriendelike Wim (die roeter bestuurder) my geskakel en gese die pad na Makesh hut is baie sleg en amper onbegaanbaar met 'n gewone voertuig. Ons reel toe met die ander deel van die toer om eerder na die queen rose hut toe te ry wat 'n beter pad het. Die pad was relatief stil, en die snelweg maak dat mens sonder veel moeite daar kom. Wees wel versigitg vir die paaidtjie na Machadodorp, groot slaggate is jou voorland! Die pad self na die Makesh hut, hoewel straf, sal onder dror omstandighede begaanbaar wees met 'n motor, maar die reen het 'n stokkie voor dit gesteek en dit verander 'n 'n 4X4 avonturier se droom. Toe ons eers by Makesh hut kom, toe daal stilte om ons neer, en die enjin het nog nie eers afgekoel voordat ons die braaivleis vure aangesteek het nie. Na 'n bietjie gesukkel het ons die ander stappers opgepik by die Queen Rose hut, en afgevat na die Makesh hut.

Saterdag 26 Janurie; Makesh Hut na Queens View: Die plan was om die langer 11km roete te doen, en dan die die korter 5 km. Maar die aanwysings is nie gaanbaar in beide rigtings nie, en ons het opgeieindig om die kort roete eerste te doen.
As jy by die Makesh hut se hek uitloop, draai regs, loop so 100m aan, en jy sal die ingang na die roete kry. 'n Rivier word oorgesteek oor 'n houtbrug, waarna jy teen die voete van die heuwel verbyloop. Daar is grafte van werkers (vermoedlik van die plaas) laangs die pad, sommige oud, sommige nuut. Vandaar begin die pad kronkel op in die valley na Wim se brug. Die brug is twee pale oor die rivier, trap maar versigtig. As die nat is kan mens lelik val en...nat word. Nie lank daarna nie, bereik mens Matumi laning met Matumi eiland. Dit is 'n stukkie grond wat tussen 'n rivier vertakking sit. Na dit is 'n brug wat ten tyde van ons besoek oorstroom was. Sommige het hulle skoene netjies uitgetrek, deurgeloop, hulle voete mooi droogemaak en hulle sokkies weer aangetrek. Ander het soos trekkers deur die water geploeg! Op hierdie punt het dit duidelik geraak hoeveel spinnekoppe daar was! Mens is kort kort uitgevang deur groot stewige spinnerakke met vreesaanjaende spinnekope. Ons begin wonder waar die ander mense is ... Vandaar is daar 'n poskaart prentjie mooi woud, met mos wat op groot ronde klippe groei. Asemrowend! Ons bereik GPS Picnic spot kort voor middagete.
Hierdie plekkie is uniek en spog 'n boomhuis wat rerig hoog is, en 'n foefie slide(Jammer geen mooi afrikaanse woord nie). Die foefie slide is bietjie pap so wees versigtig as jy hom wil gebruik, anders kan jy dalk jou kniee nervaf val. Vandale het ook hul merk gelos hier, en het die "PS" en "Picnic" van die "GPS Picnic Spot" verwyder. Ons vertoef 2 ure hier.
Ons stap weer verder en bereik 'n stukkie pad. Onbeskut van die son kan dit nogals warm raak. hier. Net so entjie verder bereik ons 'n kort leertjie langs die pad met 'n baie bekommerende bodtjie. "4X4 Low Range". Maar die bordtjie is bietjie misleidend. Alhoewel die pad tog aanhou opklim is dit nie baie steil nie. Ons Kruis nog een brug, en begin dan in die staatsbos stap. Seker nie meer as 'n kilometer verder nie, is die hut, bo op die heuwel. Ons almal span uit, geniet die asemrowende uitsig.
Later die aand word 'n vuurtjie aangesteek en ons almal kamp uit met "verversings" danksy Frans wat sy kar daar gelos het die vorige aand.

Saterdag 26 Janurie; Makesh Hut na Queens View:

Sondag 27 Janurie; Queens View na Makesh Hut: Ons maak gereed vir die lang stap. Van die stappers bere hulle onnodige sakke terwyl ander reken hulle sakke is so lig hulle kan maar netsovel saamstap.(Soo Lourens s, dis waarvoor ons hier is!).
Van die hut volg mens die pad tot by die groot hek, waar mens ingery het met jou motor. vandaar loop die pad regiutaan, en volg 'n bospaadtjie vir 'n entjie.Mens stap 'n redelike entjie padlangs deur die bosbou paaie, maar as mens dophou dan begin die vernou en kleiner word. Daarna is die voetpaaie deur gras baie mooi oopgekap en aangedui.Dis hier waar mens asemrowende uitsigte van die vallei en die berg kry. dan tref mens Roland se trappe. Dit klink dalk erg, maar dit hou nie baie lank aan nie. 'n Entjie verder aan is Alvin se Waterval. (Wie is die mense nou eintlik?) By alvin se waterval loop die paadtjie af tot by die rivier. Daar kan mens opstap na die waterval en aangaan met die roete.
Omtrent hier het ons begin besef dat die tweede dag se afstande dalk verkeerd kan wees. Die GPS het skaars 4 km op (draaie en kontoere ingesluit). Die waterval bordtjie se ook dis 500m (of 'n halwe kilometer) aan, maar dit kan skaars 200 m wees.
Na 'n vervrisende swem (en ek bedoel baie vervrissend, soos in "Eisch dis koud" vervrissend) stap ons verder. Die pad kronkel heen en weer oor die rivier, en plek plek is kabel of tou gespan om aan te dui waar om te loop. Moenie bekommerd wees as jou skoene nat word nie. Moet ook nie versigtig probleem loop nie...dit SAL nat word! wees veral versigtig op die klippe oor die rivier. Jou skoene is nat, en die klippe is glad. Meer as een van ons geselskap het neergeploeg in die water, hulle kop gestamp of hulle hande seergemaak. Na 'n ruk kry mens die oorblyfsels van 'n sement brug wat deur die water meegesleur is. Om die waarheid te se, daar is nogals 'n paar van die brue. Een van hulle lei na Pats Picnic spot.
Pats Picnic spot is nie rerig baie piekniekerig nie. GPS Picnic spot was baie mooier gewees. Ons het maar aangestoot na Makesh hut to. Van Pats Picnic Spot loop die voetpaaidtjie langs die voetheuwels af, vanwaar mens uiteindelik inval by Makesh hut.
Die GPS het raporteer dat ons 7.7 km in totaal geloop het. Dit kan dalk wees dat hy op plekke nie genoeg sateliete kon opvang om 'n 3d fix te kry nie (wat dan kontoere sal insluit), maar dit sal glad nie 'n tekort van 7 km tot gevolg he nie. Kort van om die roete met 'n wiel te meet, sal mens nie verseker kan se nie.

Ter Afsluiting


'n Baie mooi roete. Baie moeite is gedoen (behalwe met die afstand meting :-). Die fasiliteite is baie goed... daar is selfs elektrisiteit...iets wat net deesdae op die platteland voorkom. Die uitsigte is asemrowend, en daar is om elke hoek en draai 'n fotogeleentheid.
Waarlik 'n baie mooi roete.

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos