spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Qwaggaspad

Qwaggaspad

So, na die visrivier het almal besig geraak, finansiele jaareindes, laat projekte , eksamens en dies meer het ons almal besg gehou. So hierdie dagstappie was net die ding gewees om die jaar af te sluit. En wat 'n mooi area.

Saterdag 14 December vergader ons almal by die qwaggaspad plaashuis. Nuwe stappers Jaqcues en sy vrou sluit by ons aan vir die eerste keer. Carissa wat intussen verwagtend geword het met 'n nuwe sporie, bly agter saam met Ansie.

Ons vertrek min of meer op tyd. Die idee was om die kort roete te stap, maar die plaas eienaar se seun raai ons aan om die langer roete te stap, wat ons onwetend toe doen. Die langer roete is net so entjie af in die plaaspad van die basiskamp af, en draai links uit. Dit vat jou stadig op teen die heuwel, verby 'n ou myn, plaasopstal en 'n baie oulike vernoemde heining.Soos mens klim is daar wonderlike uitsigte van die omgewing.
Een van die meer opstigtelike dele van die roete is 'n klip afgrond waarop 'n nazi kruis, cristelike kruis en die nommer "2000" uitgerkap is. Die nazi kruis is daar geplaas omdat die plaasopstal 'n klein hospitaal was. Later het die jeug van 'n naby gelee kerk die kruis en die 2000 daarop kom opsit.
Ons knip ons stappie kort en sny oor die veld terug huis toe (danksy Gerrie se GPS :-) en sluit weer aan by Ansie en Carissa.
Terwyl ons regmaak om te braai kuier ons saam met die plaas einaar wat ons vondse van die opgrawings wys wat gemaak is onlangs. Die area het 'n ryke geskiedenis. Terwyl ons braai vermaak die plaashond ons.
Na 'n vinnge totsiens, vertrek ons almal huistoe.

Ter Afsluiting


Dis 'n baie oulike kamp en dagstap roete. Die omgewing is baie mooi, daar is baie om te sien, en die mense (en honde) is baie vriendelik. Sit hom op jou naweek staplys.

Fotos