spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Rooikrans

Rooikrans....woef woef njaaagggrrr

Die begin van ons 2009 stap seisoen skop af met Rooikrans. Ons is verlde jaar ingelig van die roete, maar kon nie dadelik gaan stap nie. So dit was ideaal om ons jaar mee af te skop. Die roete is gelee naby Loskopdam ongeveer 60 km van Dronkwordspruit...ek bedoel Bronkhosrpuit af. So, kom ons begin.

20 Maart


Ten spyte van die verkeer vergader ons almal net na 17:00 by Jan-Harm se huis. Na 'n vinnige hello en rondpak, vertrek ons met die nimlike X-Trail en Fiat. Na'n vinnige stop by die petrol diens stasie, is ons op die N4 oppad na Bronkhorstpruit.
Nadat ons die slaggate by Verena net net mis, arriveer ons by die hek van rooikrans staproete. Dit word vinnig duidelik dat enige voertuig laer as die 3/4 ton Fiat bakke baie sal sukkel met die paadtjie af, veral omdat die gras langer as die enjin kap is! En dis nog net die middelmannetjie. Darem is dit nie ver nie, en ons arriveer by die basiskamp net voor agtuur.
Ons word na die Rondavel kamp gewys, en waar ons kan braai. Dis waar ons Rusty die hond ontmoet. Rusty was stout gewees, en word toe aan 'n lang draad ketting kombenasie in die plaaserf gehou. Hy hou dan ook sommer waak oor die motors.
Ons steek die vure aan en begin lekker kuier. Die dreuning van die diesel krag opwekker put-put in die nag. Net na 10 vra die oom ons of hy dit kan afsit, en ons vra vir nog so 15 minute om ons braaivleis klaar te eet.
Na die opwekker afgesit is, is dit net die sterre en ons en daar word ingekruip.

21 Maart



Ons staan almal so langsamehangend op, en weldra maak ons almal gereed. Dis toe dat ons hoor dat die oornag plek, die bergkamp, nie beskikbaar is nie. Die pad na die bergkamp is nie begaanbaar nie, en omdat hulle gereeld alles behalwe die vars lug daar steel, moet alles opgery word vir stappers. Ons word die Rondawels aangebied, en gevra of ons nie maar die dagstappe kan doen nie.
Na 'n vinnige beraadslaging besluit ons om die 15.8km roete te doen...nie dat ons swaar sakke if iets gaan dra nie. Ons pak gou alles reg en weg, en vertrek dan op die roete. Halfpad na die afdraai op dag1, word ons skielik deur "Hond" ingehaal. Hy draf behoorlik verby, gereed vir die dag se stap.

Ons gaan oor "Somer so sloot" (dalk sommer so gewees het?), verby die ruines, slwyn laan, oor groot sloot en haal die kruispad in die pad na dag1 en dag2.Na 'n kort pause vat ons dan die dag1 roete. Ons loop verby Job se kloof, en begin weldra al hoe hoer en hoer klim. Daar is met al die moeilike plekke kettings en voet steune vir opklim. Oral langs die pad is die roete duidelik gemerk, die bome is almal met boomnommers, hulle latynse en gewone name gemerk en oral is daar merker om rus en oulike plekname te merk. Die "Rus Plekkie" hoewel klein, is mooi teen 'n rotswand gelee en onder skaduwee. Hond maak hom hier tuis teen een van die stapper terwyl hy gevryf word.
Vandaar gaan volg die pad die kontoer op die randtjie op ribbok loop na "Dam uitsig", waar mens 'n mooi uitsig het oor die Loskoppe van Loskopdam, en die dam self. Van hier af sak die pad redelik steil af na die kruispad, waar jy of kan teruggaan kamp toe met die kort roete, of aangaan na die watervalle toe.
Ons was bietjie skepties of daar water gaan wees, want die stroomloop was kurk droog. Maar ons het in elk geval gegaan, en skielik sien ons water.Die water vloei sterk, maar verdwyn on die los grond en klippe op plekke. Ons stop vir middagete en Hond le en rus. Hy word gou gevolg deur Jan-Harm. Ons val weer in die pad en klim verder op teen die waterval. Dis verbasend tot hoe hoog op die water nog sterk vloei.
Ons haal die alwyn krans 'n kort en stewige rukkie se klim later en skep asem. Ons stap verder in die laat middag en kom af op 'n baie groot alwyn (sien fotos). 'n Kort entjie verder sien ons die eerste wildlewe vir die dag...twee donkies...
Ons haal Pieter se klip en Ada se kloof voor ons die kamp weer bereik.
Na almal gestort en gerus het, steek ons die vure aan. Eerste in die aand se agenda is Jenga, en 'n paar benoude oomblike volg toe ons die 32'ste ry bou...al wat ons kan se is Respek aan Jan-Harm!
Na aandete, speel ons UNO en baie gou wys Liza haar staal. Na die opwekker afgesit word klim ons almal in die bed.

22 Maart


As ons gedink het die vorige dag was moeilik om op te staan, was die dag nog meer so. Maar uiteindlik, net voor die ander groep in die pad val, drink ons die laaste van die koffie. Die eienaar gee toe, en maak Rusty die stoute hond los, sodat hy soos sy boetie ons die pad kan vergesel. Ons vertrek met dapper en stapper ... maar meer dapper as stapper. Nie ver nie of Gerrie se knieg begin gesels, eers saggies en toe al hoe harder en harder...naderhand moet hy die aaklige waarheid erken. Ons rus saam met Rusty by die kruispad, voordat ons terugdraai na die motors en voltaren.(Jammer Rusty!)
Na'n vinnige draai deur 'n slaggat (minus een wiel) en 'n hamburger by Wimpy, is ons sommer gou weer terug in Pretoria.

Ter Afsluiting


Hierdie is 'n baie mooi roete, baie water, mooi uitsigte en baie goed gemerk. Hierdie is beslis 'n moet stap roete vir enige klub en 'n goeie een vir beginners. Ek hoop rerig die berkamp word uitgesorteer want ek dink dit kan dalk 'n baie goeie oornag roete maak.

Gerrie sê ...


Lekker naby, redelik goedkoop en ideaal vir beginners.

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos