spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Stamvrug

Stamvrug voetslaan roete

Na die amptelike onstaan van die spore voetslaan klub, was hierdie die eerste roete wat die klub in sy hoedanigheid aangepak het. Behawle dat dit die afsluiting was, was daar ook baie dinge om te bespreek, en 'n aflsuiting om te hou. 'n Terugblik na die jaar, en 'n opgewondenheid oor wat in die vooruitsig le.

24 Nov


Die groepie vertrek omstreek 17:00 vanaf Centurion in twee spierwit Nissan X-Trails. Na 'n kort stoppie in wermbad pak ons die laaste skof aan na die Batteleur Natuur reservaat. op die grondpad na die hek ontmoet ons 'n klein bokkie, maar ons kan nie bepaal watter tipe bok dit is in die donker nie. Ons arriveer omstreeks 19:00 en nadat ons die gaslampe aangesteek het, begin ons uitpak.

Kloof Hut

Die vure word onmiddelik aangesteek,en bitter gou kuier almal lekker om 'n koue bier en vang bietjie op met wat almal besig was vandat ons laar gekuier het. Die reen probeer om dinge moeilik te maak, maar die bittereinder braaiers kry dit reg om die reen te verdryf met die kampvuur, en later gee moeder natuur gee op.

25 Nov


Die oggend begin met spek en eiers, koffie en beskuit. Die geluide van voels en water (van die vorige nag se reen) vul die lug. Omstreeks 09:00 laai almal hulle padkos, waterbottels en kameras, en begin ons die Moepel roete aandurf.(Gerhard het intussen geleer wat 'n "Moepel" is) Die roete neem ons verby die swemgat, en styg dan teen 'n mildelike pas op teen die heuwel.Die pas is rustig, en die mense kuier lekker so in die loop. Ons sluit uiteindelik aan by die grondpad en begin terugstap na die kloof hut.

Die groot karplaks


Middagete word spandeer op die stoep van die kloof hut met weg tydskrifte. Later gaan 'n paar van die dapperes na die watergat om bietjie af te koel en te swem. Die water is wonderlik(koud) en nadat die diepte van die gat bepaal is, spring van ons gelederes van die kranse af. Die res van die groep sluit hom aan by die verrigtinge en neem fotos en video. 'n Besonder brave (naamlose) toerleier besluit dan om 'n voorentoe draai sprong in die water te maak. Ongelukkig vir hom, is daar te veel draai in die sprong, en beland hy maag eerste in die water. Die skouspel word op foto en video vasgele.
Die res van die middag word verwyl met krieket, wat twee toeskouers insluit(2 jong seuns van ander naweek kampers)

Afsluitings vergadering


Die laaste vergadering vir die jaar, en die afsltuiing skop af om 19:00 om die kampvuur. As deel van die aand, is die voorstelling van die klub se nuwe logo en kleure.

26 Nov


Die oggend begin laat met van die kampers wat besluit om eerder "brunch" te eet, en die stap 'n mis te gee. Na oggendete pak almal op en vertrek ons langsaam terug huis toe.

Fotos