spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Suikerboschfontein - Staproete

Suikerboschfontein

Suikerboschfontein is naweek staproete in die Caroliena omgewing. Die roete het onlangs groen vlag status ontvang nadat die roete opgeknap is. Daar is talle hoogtepunte (letterlik en figuurlik) op die roete soos die Rooikrans kamp tussen die rotse met sy asewmrowende uitkykpunt, die bobbejaan hotel en die watervalle op onverwagte plekke.

25 Mei 2012
Braaivleis vuur en T-Hemde
Die eerste van die groepie arriveer net na sewe uur by die Rooikranskamp. Die parkering is 'n ent weg van die kamp, wat tussen 'n rotse gelee is. In die nag is die paadtjie nogals gevaarlik sonder 'n komlampie of flits. Die kamp selfs is pragtig uitgele, genoeg vuurmaak hout is verskaf vir beide die donkies en die braai area. Gaslampe en 'n gasstoof assook 'n los braaier vir as dit reen is ook daar. Daar is vier huisies, drie wat omtrent ses mense kan vat, en een wat vier mense kan vat. Die laasgenoemde huisie is hoer op as die ander.
Toe die ander spoories opdaag is die vure lekker aan die gang, en die lampe aangesteek. Twee nuwelinge vergesel ons ook op die staptoer en daar word gou reelings getref voordat almal lekker saamkuier en gesels oor die nuwe spoorie T-Hemde.

26 Mei 2012
Nat kamera
Net na sesuur ontwaak meeste spoories en almal begin gereedmaak vir die stap. Dit is ongelukkig die wonderlike uitsig van die uitkykpunt wat almal ophou en ontbyt net so bietjie langer laat aanhou. Almal is weldra gou gereed en net na 9 vertrek ons van die Rooikranskamp af.
Die roete begin deur die rotsagtige bo hange van die vallei waar 'n bietjie klipspringer taktiek nodig is om verby van die rotste te kom. 'n Besering word opgedoen deur een van die stappers in die proses, dit is nie te ernstig nie, en is ons is gou weer aan die gang. Die rotsagtige gedeelte van die roete verdwyn weldra soos wat mens verder op in die valley beweeg, todat jy by 'n afgrond kom. Hier is afgrond van amper 50m en die moediges onder ons gaan kyk...dit voel meer soos 100m! Van hier verder gaan die roete nog boontoe, waar die roete noordoos draai en dan die bopunt van die vallei kruis. Ons Arriveer by 'n stroompie en volg die stroompie afwaarts todat ons 'n plekkie kry waar ons stop vir middag ete in die koelte van die bome en die stroompie.
Na middagete vat die toerleier se rugsak vinnig 'n bad en was sommer in die proses sy kamera. Vinnige aksie van die stap span red die kamera van algehele verdoemenis. Die roete klim van die stroompie af steil opwaarts teen die kant van die vallei op voordat die 5 km merk bereik word. Van hier af is daar lang ente deur die gras hange van die vallei voordat dit oor kruis na die volgende vallei.Hier loop mens besonder rots formasie raak, klip kolomme wat oenskynlik uit die grond uitrys. Die roete kronkel weldra terug na 'n stroompie onder 'n blaredak. Hier vind ons 'n Transvaalse Baakhout , raar deesdae omdat hulle goeie vuurmakhout is en uitgeroei word. Daar is baie gevaartelkens waneer die roete basies in die stroom loop om mense te waarsku, hierdie tekens is oral te vinde waar die roete gevaarlik is.
leertjies oor die groot poele, hou vas!!
Daar is oorgenoeg watervalle en swemplek vir waneer dit warm raak in die somer, maar omdat dit winter is, vermy ons eerder die water. Ons bereik die eerste van 'n paar moeilike hindernisse, 'n klim teen die hang van 'n droe waterval uit. Toue, kabels en lere word verskaf om die klim makliker te maak. Ons volg die stroom verder boontoe en na 'n stywe klimmetjie is ons bo die vallei uit.
Weereens kruis on die vallei na 'n ander kleiner vallei en volg die roete deur die gras tot by 'n klein dammetjie/swempoel. Van hier is dit net 'n kilometer tot by oom Japie se huis. Dis laatmiddag en die koue is vinnig daar. Twee moedige spoories waag dit buite om wors te braai, terwyl die res van die geselskap binne bly. Warm water van die donkie sorg vir 'n lekker bad en 'n gelag soos die stoom die klein badkamertjie in 'n sauna verader.

afgrond

27 Mei 2012
Wont be fooled again
Die oggend begin vroeg, die koue is aanvoelbaar in die lug. Sodra die mis lig is die eerste groepie stappers al uit die blokke, met die tweede groepe nie ver agter nie. Die roete loop van hier af afwaarts deur die vallei waarin ons die vorige dag die Hut genader het. Daar is beeste en koeie wat wei in die gras. Ons stap verby wat lyk soos 'n ou klipkraal, net een van die menigte riunes wat ons sou raakloop deur die dag. Die roete draai weldra uit die vallei se onderpunt om onder verby asemrowende kranse te kronkel. Ons loop hier 'n bosvaalbos raak vol groen mos. Die roete loop verder verby tse en nou skeure opwaarts teen die kranse. 'n Kort klimmetjie bring jou by 'n oopte in die bos met 'n teekoppie . Ons stop hier vir 'n kort rukkie terwyl ons die uitsigte geniet. Van hier is daar 'n gevaarlike deel waar stappers verby 'n rots moet "swaai" deur vas te hou aan 'n stuk yster wat vasgemaak is aan die rots. Ons vind 'n teken wat waarsku om nie aan die rotskuns te raak nie, ons sien geen rotskuns nie (behalwe vir iemand wat met 'n klip 'n stok mannetjie geteken het. Volgende is die bobbejaan hotel. Ons los die rugsakke by die lere en klimp met 'n stel yster lere tot binne in 'n skeur rotsformasie in.
Van hier af vorder die roete tot bo op die kruin van die huwel waar ons 'n wyle stop. Die roete volg dan die kruin van die vallei todat mens aan die ander kan in 'n grasveld begin afwaarts loop. Die grasveld maak plek vir 'n klein krans en ons loop nog 'n klipkraal raak wat toegegroei is tussen bome.
Die roete daal verder to by 'n rivier waar ons almal stop vir 'n middagete. Dit skep die geleentheid vir een van die nuwelinge om gou 'n geskeurde broek te ruil vir 'n ander een. Broekskeur grappe word gemaak. Ons kruis die rivier en begin weer opwaarts deur die grasvlakte klim. Ons land midde in die "Triomftempel van die sterwende son". Dit neem die vorm van 'n klipkraal met 'n staal tafel in sy midde met 'n tekening van hoe die tempel werk. Van hier loop die roete verder teen die vallei se kante op, voordat dit skerp regs draai en steil langs 'n stroompie opgaan. Die roete bly verder opgaan en lyk op 'n stadium onbegaanbaar, todat jy 'n stel yster lere teekom wat deur 'n opening in die rotse duerklim. Die uitsig aan die bopunt van die lere is asemrowend mooi.
Van hier is dit skaars 'n kilometer totdat jy by die Rooikrans kamp se uitkykpunt uitkom en terug waar jy begin het.
Nadat ons gou herstel, stort en ietse eet, ry ons na Carolina en eet hamburgers vir middagete by die Wimpy. Van hier af ry ons terug huistoe.

Die vallei

Slotsom


Suikerboschfontein is 'n pragtige roete, met asemrowende uitsigte, mooi roete en pragtige hutte. Die moeilikheids graad volgens die groen vlag stelsel is 3, en in ag genome die kranse lere en verskeie plekke waar mens steil uitklim teen kranse, is dit 'n goeie gradering.
Dit is beslis 'n moet op enige stapper se kalendar. Dit is relatief naby en net matig in moeilikheids graad.

Fotos