spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Suikerbosrand

Suikerbosrand natuur resevaat

Die eerste roete van die klub hierdie jaar en op watter hoogtepunt begin ons nie! Na die aanvanklike gesukkel om 'n bespreking te maak (wat opgeiendig het met die HOD van Natuur bewaring in Gauteng) kon ons 10 pleke vir 2 aande bespreek. Die tyd was straf die aankoms, aangesien mens al 15:00 daar moet wees ( van waneer hou parkeraad bank ure?) om die hutte se sleutels te kry en dan nog 5km te moet stap na die eerste hut. Maar die ongelooflike uitsigte en onbevreesde, mak wildelewe maak alles op daarvoor.

23 Feb


Gerhard, Ansie en Francois vertek van Meyerton na die suid hek van die Suikerbosrand natuur-reservaat om die 15:00 afsluiting te haal om sleutels by die informasie kantoor te kry by Diepkloof. Om tyd op te maak word daar in 'n eenrigting baan van 500m gery na die informasie kantoor, en beland hulle in die sop met 'n kwaai maar vriendelike veldgids wat die probleem verstaan. Ook om 15:00 vertrek Francois,Karen en Esme van Centurion af en arriveer 16:00 op die parkeerterrein van Diepkloof. Ongelukkig vertrek die laaste twee mense van die stapgroep ,Lodewyk en Lourens, te laat uit Pretoria en word vasgevang in die verkeer. Daar word toe besluit om te stap, al is al die stappers nie teenwoordig nie.
Die aankoms se stap na blesbok word aangegee as 5 km, maar volgens die roete merkers en die GPS stelsel is dit 6.5km. Die stappie is ook 'n fris een aangesien twee stewige bulte geklim moet word voordat jy in die kloof kom waar die blesbok hut is. Dit was aangenaam om die Rooi Hartebeeste en swart wildebeeste te kon sien in die klowe (omdat dit skemer begin word). Weliswaar vul dit die aankoms se stappie na die hut met opgewondenheid.

Blesbok Hut

Die hut verskyn amper asof uit die nuut tussen die bome uit. 'n Netjiese huisie met 2 kamers ,elk met 4 beddens en 'n kombuis/kuier vertrek met nog 2 beddens. Potte en panne asook houtskool (moet apart gereŽl word) was beskikbaar. Elektriese ligte was beskikbaar danksy sonpanele. Ook was daar binne die hut informasie te bekom op 'n kennisgewing bord oor die park en sy diere, iets wat ons ook in die volgende dag se hut te sien gekry het. Buite is 'n klein lapatjie waar 10 mense maklik kan sit en kuier om 'n vuur, en net so entjie verder op, die badkamers met warm (ja warm) water. Omstreeks 19:00 vertrek twee van die eerste groepe stappers om die ander twee stappers wat laat vertrek het te gaan soek. Hulle word skaar 400m van die kamp gekry nogsteeds op die regte pad...nes dit 'n Sporie betaam!
Lourens en Lodewyk sluit aan by die geselligheid en sommer gou word daar vriende gemaak, braaivleis gebraai, rooiwyn geskink en weer opgevang met die jongste nuus uit ons geledere. Die aand word afgesluit met 'n lekker potjie Uno wat Esme lag lag wen.

24 Feb Blesbok na Hartebees (via Steenbok)


Lourens en Frans is sommer vroeg vroeg wakker (laasgenoemde kon nie die geraas van die stilte hanteer nie, en kon dus nie slaap nie) en almal volg sommer gou daarna. Daar was hittegolwe voorspel vir die naweek, en as ons vroeg kon wegkom, dan mis ons die ergste hitte op die berg (waar daar geen bome is nie)

Die groot draai



Die stap word om 07:15 voortgesit en ons volg 'n motorpaadtjie tot bo by die teerpad, selfs oud en geharde stappers blaas bietjie toe ons uiteindelik die pad haal. Maar heelaas was dit einde niet, want by die teerpad merk ons op dat ons die verkeerde paadtjie gevat het! Later onthou Gerhard dat daar by die hut, 'n bordtjie was wat die pad aangedui het, wat hy ge-ignoreer het omdat daar fisies geen paadtjie was nie! Alhoewel die klim so vroeg in die oggend straf was, is die loop op die teerpad baie meer aangenaam en vind ons gou die kruispunt tot op die oorspronklike roete.

Die druk vir Steenbok



Vanaf die pad was die roete afdraend, Die paadtjie kronkel deur eg Suid-Afrikaanse bosveld plantegroei, met wonderlike uitsigte van die vallei en die reservaat. Teen middag bereik die stappers Steenbok hut, waar ons (genadiglik vir sommige van die minder fikse stappers) afsaal vir 'n ou 2 ure ruskansie. terwyl die hoog middagson die dak warm bak, lÍ ons almal uitgestrek om die vuur herd van die lapa en eet middagete.
Omstreeks 13:00 begin ons weer te stap na Hartebees. Van hier af kronkel die paadtjie al langs die kontoere langs en word ons beloon met uitsigte van die suid-oostelike deel van die park. Net na die kraglyne draai die pad af na die Hartebees hut. Ons gewaar ook die "Lone Ranger" hartebees wat bokspring in 'n veld vol geel veldblommetjies, later sien ons weer die alomteenwoordige rooi hartebees (wat teen die tyd , alweer bokkies gedoop word). Ons kruis die teerpad vir oulaas en word gegroet deur bobbejaan se kind. Amper almal vang 'n slapie by aankoms, en nog meer gaan vang 'n stortbad voor die water warm (nie koud nie ,warm) word.
Maar geen bult of ompad kry 'n sporie onder nie, en dis nie lank nie, of daar word stomstreke om die kampvuur gespeel, terwyl gisteraand se wors en vleis sis op die kooltjies. Op hierdie punt word 'n kompetiese geloods vir, die wenner stap weg met 'n "Volg my, ek is 'n Sporie" T-Hemp. Die laaste man staande die aand wen die T-hemp. Baie geluk aan Frans.

25 Feb Hartebees - Diepkloof (via Duiker en Blesbok)


Vandag se stap is die verste van hulle almal. Maar wat 'n dag! Ons vertrek terug in die rigting van die merker by die kraglyne, waar ons dan regs draai om in die oostelike dele van die reservaat te gaan stap. Hierdie deel is ryker aan water as die ander en gevolglik sien mens ook meer wild. En die wild het ons nie teleurgestel nie. Sommer om die eerste draai gewaar ons 'n Steenbok wat die rantjie uit huppel. En net om die volgende draai (letterlik) 4-5 Elande wat ons van 'n klein plato af besigtig, so asof ons die wild is en hulle die wildkykers! Zebra's en Swart wildebeeste galop sonder inspanning om die koppie. Video word geskiet en fotos word geneem soos nog nooit tevore nie. (ja, selfs meer as Peet!) Vandaar volg die roete om die koppie, tot by die afdraai na Duiker hut. Ons volg die roete na Blesbok in 'n kloof op, waar die gras so lank soos 'n Frans is (en Frans troon meer as 6 voet bo moeder aarde uit). 'n Vinnige stoppie vir biltong,koeldrank en lekkergoed , en die Spories is weer oppad. Die kloof se kruin bied ongelooflike uitsigte oor die kloof waar ons nou-net in opgeklim het, asook waar ons nog moet stap. Ons ontmoet weer vir bobbejaan by die volgende bult (en sy kind, oupa, ouma en wie ookal nog). In die volgende kloof na die bult, staan ons en besigtig 3 Elande. Hulle is mak genoeg om nie te hardloop nie. Dalk het Gerrie se nuwe herbal shower gel tog gewerk?
Die laaste stukkie na Diepkloof is vervelig met lang gras, vervelig met kort gras en vervelig met 'n tweespoor sement motorpaadjie. By Diepkloof aangekom saal almal af, skep asem en vertrek na de Meison Visagie vir 'n lekker swembad, worsrolletjie en 'n glas yskoue koeldrank.

Ter Afsluiting


Suikerbosrand is 'n baie mooi roete. Geriewe is baie goed opgestel, en die roete self kan geklassifiseer word as matig. Daar is baie amper mak wildlewe in die oostelike dele van die park, en dit kan heeldag gesien word. Daar is so te sÍ geen indringer plante te bespeur nie en is 'n ware lushof vir voŽlkenners.
Maar, bespreking kan 'n pynvolle langdurige proses wees. Telefone wat nie werk nie, en onvriendelike besprekingspersoneel sal jou geduld tot die uiterste beproef.

Gerrie sÍ ...


Druk deur met die bespreking, dis die moeite werd!

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos