spore voetslaanklub
Registreer |Teken in |Oor ons |Missie |Kontak Ons
 Tuis  Nuwe Toere  Roete Verslae  Fotos  Beginners Gids  Kampvuur Stories  Nuttige Skakels  GPS Koördinate Spore is 'n lid van.. HOSA/VOSA
Vasbyt

Vasbyt

Wat n staptoer. As jy lus is vir avontuur, kom na die vasbyt in Naboomspruit. Se hallo vir Cruiser die Rhodesian rifrug, en bewonder die uitsig vanaf die Waterberge.
Ons toer het begin met n vooruitsig van baie koue, maar het later uitgedraai met baie lekker gematigde weer. Dit wys net, mens kan niks voorspel nie...beslis nie die weer nie!

"Sien een van julle 'n spoor of 'n kol ?"
Die spories vergader almal om 17:00 by Frans se huis. Twee van die spories het splinternuwe sakke gekoop nogals! Dit is sommer net daar in Frans se huis ingepak. Ons verwelkom ook 'n nuwe stapper, Elna, in ons midde.
Ons vertrek met 2 voertuie na Naboomspruit. Maar Pretoria se verkeer wil ons vir oulaas herinner hoekom ons wegbreek. Na die Zambezi afdraai vloei dinge vinnig en kort voor lank is ons goed oppad.
Ons arriveer by die Vasbyt basiskamp net voor agtuur die aand. Die luggie is maar koud, en die donker buitelyne van die berg net net sigbaar. Die kamp is netjies opgepas, met 'n aparte lapa/kombuis en braai area. Daar is driepoot potte, groot ketel, 2 yskaste, 'n gasstoof en 'n elektriese ketel (wat nie werk nie). Ons pak gou uit, en begin met aandete. Een sporie wat wou braai kry geen hout om so te maak nie, en sleep toe een van twee plat paella panne nader en braai sy vleis op die gas stoof. Die ander spories volg gou sy voorbeeld. Cruiser, die werf brak, hou ons geselskap (en op ons tone).
Nog 'n groepie stappers sluit by ons aan van Kriel se NG kerk afmet 'n sak houtskool. (het ons maar net gewag). Na koffie en nagereg, glip ons almal in ons slaapsakke in. Ons ruil eers grappige stories uit, waarna ons wegsak in 'n rustige slaap.

Dag 1 , Basiskamp na oornagkamp. Ons staan sewe uur die oggend op, en begin stadigaan regmaak om te begin stap. Cruiser is weer op sy pos, en het intussen een van die stappers se koffie houer beetgekry. Gun wonder hy is so besig nie!
Nadat die eienaar ons gewys het waar om te begin, vertrek ons om half agt die oggend.
Die pad begin net so entjie van die lapa af, net voor die plaasdam. Dit kronkel op teen die kant van die berg, en maak later 'n skerp draai opwaarts. Reeds hier het ons begin soek vir roete merkers op die voetslaan pad, wat nog nie heeltemal uitgeloop is nie. Bo op die berge was dit net n kort entjie tot by 'n bord wat wys na die waterval. Maar daar was geen water nie, en die waterval word toe sommer onmiddellik Watervaldroogen genoem. Na 'n kort uitspan, stap ons weer vrder. Die pad loop van hier af op in 'n vallei, tussen 'n koppie en die berg, en sak dan weer af in die vallei af. Reeds hier is 'n voorsmakie van die wonderlike uitsigte wat op ons wag. Die pad sak dan weer af langs die koppie. Dit raak al hoe meer moeiliker om by die roete te hou, en mens moet 'n skerp oog h om die merkers wat as kolle en spore in groen/geel op die klippe geverf is raak te sien. Die lang veldgras help ook nie.
Die pad vertak hier in 'n kort en lang roete. Die kort (8 km) maklike roete gaan reguit aan terwyl die lang (12 km) moeilike roete links afdraai. Ons het vroer besluit op die lang roete en vat hom dus. Na 'n kort entjie af in 'n vallei, kom ons by 'n dam. Die roete maak 'n draai hier en volg die koppie al om die kant. Dit raak op die punt al hoe moeiliker om die roete te volg, veral omdat die roete merkers verander in kolle wat nie die pad se rigting aandui soos 'n voetspoor nie. Ons gewaar 3 bokkies teen die krans, maar met die son in ons o kan ons hulle nie uitken nie. Die roete begin dan al hoe meer teen die berg uitloop en eindig uiteindelik amper by die grensdraad , van hier is dit ook dan 'n kort klim tot by die voet van die krans. Hier ontdek ons die eerste avontuur!
'n Tou wat van die bopunt van die krans val tot by die voet, met hakke in die klip geboor om jou te help opklim. Die eerste trappie is nogals hoog, en 'n sterk armspier is nodig om jouself op te hys, daarna kan mens gemaklik op die hakke trap. Dis 'n loodregte klim boontoe. Gelukkig maak ons dit almal in een stuk, en ons rus net so kort entjie van daar af op die bopunt van die berg. Net toe ons gaan sit sweef twee witkruisarende verby ons. So geruisloos en majestueus. Vandaar stap ons op die bopunt van die berg met die roete wat die grensdraad volg. Die kort pad sluit hier by ons aan, en die pad word al hoe makliker om te sien. Op hierdie stadium begin ons water min raak omdat daar nie stroompies of water in die watervalle was nie. Die voetpad volg die kruin van die berg totdat mens by die voet van 'n ravine kom. Hier is 'n ketting gespan om mens te help om af te kom teen die baie steil afgrond. Die steilte duur nogals lank voort, langer as wat die ketting is en daar word versigtig getrap. Die pad word gou weer amper gelyk, en die oornag hut se dak verskyn tussen die boomtoppe uit.
Die oornag hut is verdeel in 2 kamers met 7 bunk beddens elk. Elke kamer het sy eie badkamer met stort. Net een kamer het 'n gas stoof, potte en 'n ketel. Daar is 'n donkie vir warm water, wat baie water gelek het. Dus kon ons nie warm stort nie. Bo op die dak van die huisie is n stoepie met 'n fantastiese uitsig oor die kloof waarin jy nou net afgesukkel het.
Al die stappers is oormoeg van die dag se groot avontuur, sommige s die bekende woorde "Nooit weer nie" en "Is hier 'n kortpad terug". Dit is sporie Frannie se tweede staptog saam met die klub, en dus dan ook sy ontgroening. Nadat hy die aansoek om lid te word van die klub aanvaar het, word hy ontgroen. Frannie moet die res van die aand gesien word met sy sak op sy rug. Plus hy moet (met sak) vir almal koffie maak na aandete.
Daar word hard gekuier na aandete in die hut. Port en OBS vloei vrylik. Die sterre hier is ongelooflik helder. Met geen wolke en geen ligte van nabygele dorpe nie, kan mens die Melkweg baie goed sien. Ons kruip later almal een vir een in en sak weg in 'n diep slaap.
'n Bordtjie by die hut som die dag op "As jy nog dink wat jy gister gedoen het is groot, het jy nie vandag baie gedoen nie"

Dag 2, oornaghut na basiskamp.
Ons staan die volgende oggend half sewe op en begin stadigaan regmaak om te stap. Die vorige dag se "Nooit weer nie" en "Is hier 'n kortpad terug" verander in 'n "Ek sien kans vir vandag". Van die spories maak selfs 'n lekker 2 minuut noedel gereg vir ontbyt. Na almal ingepak het vertrek ons op die 6 km "maklike" roete.
Die roete loop gelyk vir so entjie maar draai dan op teen die hange van die kloof. Hier klim mens amper tot bo voor die pad weer gelyk word. As jy terugkyk dan kan jy die oornaghut sien, waar dit verdwerg word teen die groot kranse agter hom. Die veld is stil, met net die getjirp van die mossies. Die roete loop dan later steil af tot by die eerste waterval. Hier rus ons 'n oomblik. Van die waterval draai die pad onverwags op in die vallei en klim dan nog meer steiler teen die hange uit voordat dit die kontoer volg. Die roete draai dan in nog 'n vallei in waar mens afkom op nog 'n waterval. Ons span weer hier uit en kyk na die dro sand. As mens hier sou sit na 'n renbui, sal jy beslis nat wees!
Die roete loop af in die vallei saam met die waterstroom totdat dit by 'n waterval kom, waar dit dan regs uitdraai. Hier ontmoet ons 'n stel van 2 lere wat jou help afklim tot onder by die waterval. Daar is ook n bordtjie wat jou van die eens magtige waterval bewus maak, kompleet met 'n klein waterteken net ingeval jy vergeet het.
Van hier loop die roete meestal afdraande tot by die basiskamp.

Indrukke
Dit is 'n baie avontuurlustige roete, veral as jy die 12 km opsie vat op die eerste dag. Die fasiliteite is goed onderhou (behalwe die donkie op die oornaghut) en die uitsigte is asemrowend.
Maak seker jy vat ekstra water saam in die dro maande, en hou jou o oop vir die roete-merkers. Dit is nie altyd voete nie, maar kolle, wat nie rigting aandui nie.

Kaart Oorspronklike besprekings inligiting Fotos